Koop kaartjies vir optredes nou op Facebook
2011-09-26 12:54
Johannesburg – Suid-Afrika se kaartjieverkopebedryf sal 'n omwenteling ondergaan met die koms van tegnologie waarmee gebruikers kaartjies direk vanaf kunstenaars se Facebook-blaaie kan koop.
Die maatskappy Tixsa, ‘n nuweling in die bedryf, het onlangs die nuwe tegnologie in SA bekendgestel na hulle ‘n lisensie vir die gebruik daarvan van ‘n Amerikaanse maatskappy, TicketBiscuit, verkry het.
“Ons maatskappy is verlede jaar gestig en ons het gegroei van ‘n maatskappy met geen kliënte tot SA se grootste aanlyn-kaartjieverkoper,” het die hoof van Tixsa, Michael Canfield, gesê.
Canfield glo Tixsa se nuwe manier van sake doen is die toekoms van die bedryf.
“Ons sit sagteware op die kliënt se webtuiste wat dit moontlik maak om kaartjies direk van hul webwerf of hul Facebook-blad te koop.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.