Koop een tier, kry een verniet

2010-01-21 13:13
Tweets Share Share line Print

Jakarta – Die Indonesiese regering gaan probeer om die Soematraanse tier van uitsterwing te red deur mense toe te laat om die diere, wat in aanhouding gebore word, as troeteldiere te koop teen sowat $100 000 (R750 000) per paar.

Owerhede sê die plan kan hierdie jaar al geïmplementeer word, ten spyte van omgewingsaktiviste wat hul kommer oor die nuwe beleid uitgespreek het.

Die aktiviste meen dit sal meer konstruktief wees om te fokus op die bewaring van die bedreigde tiere se natuurlike habitat.

"Ons verkoop of verhuur nie tiere nie. Ons gee mense bloot die geleentheid om na hulle om te sien," het die hoof van bewaring by die Indonesiese ministerie van bosbou, Darori, gesê.

"Hierdie mense sal aan sekere vereistes moet voldoen. Die tiere sal steeds aan die staat behoort."

Hy het gesê belangstellendes sal 'n biljoen rupiah (oftewel R750 000) as deposito moet neersit vir twee tiere, wat hy 'n "waarborg vir bewaring" genoem het.

Die minimum grootte vir die area waarin die paar gehou moet word, sal omtrent 60 vierkante meter wees, alhoewel iets wat rofweg die grootte van drie sokkervelde is, die beste sal wees.

Die diere se gesondheid sal deur spesialiste gemonitor word, en mishandeling sal met boetes of tronkstraf gestraf word.

Greenpeace-Suidoos-Asië-aktivis Bustar Maitar het gesê die regering mag dalk nie daarvan hou om die plan as die verkoop van 'n bedreigde spesie te bestempel nie, maar dit is in der waarheid wat die beleid goedkeur.
                     
–Sapa-AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: indonesië  |  omgewingsake  |  tier

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.heila.viljoen sê... Asb, moet die belastingbetallers weer betaal vir n partytjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 89,990.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

HYUNDAI

Getz 1.6 5-dr
2004
R 85,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.