Kommer oor vis in Malawimeer
2010-05-29 03:14
Blantyre – Die voorraad vis in die wêreld se agste grootste meer het met meer as 90% gedaal oor twee dekades, het navorsers gesê.
Hulle het bygevoeg dat meer visplase gebou moet word om die druk van die Malawimeer te verlig.
Dr. Daniel Jamu, ‘n senior wetenskaplike by die World Fish Centre in Malawi, het gesê dat die land alternatiewe moet vind vir die dalende getalle vis.
Die hoeveelheid vis van die Malawimeer het van sowat 30 000 metrieke ton ‘n jaar 15 tot 20 jaar gelede gedaal na 2 000 metrieke ton per jaar huidiglik, volgens Raphael Mwenenguwe van die Research Into Use kantoor.
Die afname is veroorsaak deur ‘n afname in die meer se watervlakke in onlangse jare, te same met populasiegroei en oorbevissing.
- AP
Volg Nuus24 op Twitter