Kommer oor Telkom se vriestydperk
2010-05-17 12:46
Kaapstad - Telkom het onlangs sy 'vriestydperk' vir die 2010 Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi betree, wat gaan strek tot 16 Julie. Dit het kommer gewek uit verskillende oorde oor moontlike swak dienste deur Telkom.
Een ADSL-diensverskaffer het Mybroadband.co.za gewaarsku dat "alle probleme met lyne en bestellings wat voor 5 Mei by Telkom gelê of voor aansoek gedoen is, langer sal vat om uit te sorteer as gewoonlik weens die vriestydperk."
Telkom het egter verseker hulle sal nie dienste afskeep nie.
"Die sogenaamde 'netwerk-vriestydperk' is praktyk in die bedryf, wat gewoonlik geskied in tye waar ons swaar verkeer verwag. Telkom het tydens die Konfederasiesbeker (in 2009) dit ook gedoen," het Bashier Sallie, UItvoerende Bestuurder by Telkom, gesê.
- Vir die volledige berig, besoek Mybroadband.co.za
* Word 'n aanhanger van Nuus24 op Facebook. Kliek hier.