Koei-weefsel gebruik vir mens se nuwe hart
2011-04-05 17:00
New Orleans - Amerikaanse navorsers het moontlik die nood vir opehartoperasies permanent uitgeskakel deur die inplanting van ‘n nuwe hartklep gemaak van die weefsel van koeie.
Die nuwe hartklep word deur ‘n kateter in die harte van hoë risiko pasiënte, wat ly aan ‘n verstopping van die klep aan die aorta, geplaas waar die hart oortyd werk om bloed verby die verstopping te stoot.
Sonder behandeling kan tot helfte van pasiënte met dié kwaal binne twee jaar sterf.
Die studie is voltooi deur Craig Smith en kollegas van die Columbia Universiteit en is die eerste om die nuwe tegniek met tradisionele opehartoperasies met mekaar te vergelyk.
“Geskiedenis word gemaak,” het David Moliterno, mediese professor aan die Kentucky Universiteit, aangekondig. “Dit is seker een van die grootste stappe in kardiovaskulêre gesondheid in terme van voorkoming.”
Die proses word reeds in Europa geïmplementeer, maar wag egter op die goedkeuring van die Voedsel- en drankadministrasie in die VSA.
Volg Nuus24 op Twitter.