Koeie produseer nou borsmelk
2011-06-08 22:00
Beijing – Chinese wetenskaplikes het met genetiese
manipulasie melkkoeie geteel wat menslike borsmelk voortbring, berig Sky News.
Die melk is nes borsmelk, met dieselfde
voordele vir die immuunstelsel.
Dit het ook, nes borsmelk, anti-bakteriese eienskappe,
het wetenskaplikes by China se Landbou-universiteit in Beijing, gesê.
Die 300 koeie is geteel deur menslike gene in
gekloonde koei-embrio’s te plant.
Dié embrio’s is dan in surrogaat-koeie geplant.
Werkers by die universiteit se melkplaas het
dit met gewone koeimelk vergelyk en gesê dit is soeter en het ‘n sterker smaak.
Met die regering se toestemming behoort dit
binnekort aan verbruikers beskikbaar te wees as 'n suiweldrankie wat meer voedingstowwe bevat as gewone koeimelk.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.