'Koeberg sal aardbewing en tsoenami weerstaan'

2011-03-15 15:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Eskom het LUR’e Dinsdag verseker dat sy Koeberg-kernkragstasie naby Kaapstad ontwerp is om beide aardbewings en tsoenami’s te weerstaan.

Volgens Kannan Lakmeeharam, besturende direkteur van Eskom se bedryfs- en beplanningsafdeling, is die ontwerp van Koeberg se twee reaktors meer gevorderd as die van Japan se Fukushima-aanleg.

‘n Reuse-kernkragkrisis heers by Fukushima ná die 8.9-aardbewing wat Japan verlede week getref het.

Verkoelingstelsels het ophou werk by drie van die aanleg se reaktors, terwyl drie ontploffings die kompleks geruk het.

Groot kommer heers ook oor die moontlikheid van bestraling.

Tienduisende mense wat in ‘n 20 km-radius van die aanleg woon is ontruim.

Lakmeeharam het in ‘n gesamentlike vergadering aan die portefeuljekomitees vir energie en openbare werke gesê dat die reaktors by Fukushima ‘n “generasie I” ontwerp is, terwyl die by Koeberg “generasie II” is.

“Die Fukushima-aanleg is generasie I-tegnologie; Koeberg is generasie II-tegnologie, wat ‘n drukwaterreaktor is. Dit is dus ander tegnologie.”

Op Koeberg se vermoë om ‘n aardbewing te deurstaan, het hy gesê dat die aanleg gebou is om ‘n aardbewing wat 7 op die Richterskaal meet te weerstaan.

“Die Koeberg-aanleg is gebou om ‘n Richterskaal 7-aardbewing te weerstaan. So jy moet na die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika kyk en of die ontwerp gepas is.

“Elke kernkrag-aanleg is gebou op wat bekendstaan as ‘n veiligheidsgeval... gebaseer op omgewingskwessies en die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika en of daardie ontwerp voldoende is.

Hy het verder aan LUR’e gesê dat nood-kragtoevoer vir Koeberg se reaktors ontwerp is om ‘n tsoenami te hanteer.

“’n Kernkrag-aanleg het elektrisiteit nodig om te verseker dat die verkoelingstelsel werk. Die verkoelingstelsel vir die kern van die reaktor is een van die mees kritieke elemente van ‘n kernkrag-aanleg.

“By Koeberg is die primêre bron van elektrisiteit vir hierdie verkoelingstelsel die nasionale kragnetwerk. [Bo en behalwe dit] het ons ‘n betroubare bron vir Koeberg wat deur gas-turbines voorsien word.

“Ons het [ook] diesel-opwekkers op die aanleg en ander kragopwekkers op ‘n hoër vlak bo seespieël.”

Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jan.calitz1 sê... Minstens sal net 50% van die los geldjies nou gesteel kan word en nie alles nie!Hul kan dalk nou tot anderkant die oerknal inkyk waar ons vandaan kom.Dink net aan die werkskepping, BEE en intelligente mensies wat die kontrepsie hier gaan hanteer! Ons bebaarde Minister van Wetenskap en Kuns ex Onderwys sal seker al die aanstellings persoonlik hanteer met belonings aan die oud-kaders as prioriteit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.