Koeberg getoets ná Foekoesjima
2011-09-14 09:02
Kaapstad – “Spanningstoetse” gaan by die Koeberg-kernkragstasie uitgevoer word om ’n herhaling van die Foekoesjima-ramp in Japan te voorkom.
Dipuo Peters, minister van energie, het gister op ’n in- ligtingsessie in die parlement ge- sê roetine-instandhoudingstoetse is in Maart by Koeberg gedoen.
Haar departement het toe aan die Nasionale Atoomenergie- agentskap hieroor geskryf.
“Die kabinet het destyds ’n beroep op ons gedoen om Suid- Afrikaners te verseker van ons eie kapasiteit om ’n potensiële krisis te voorkom en te verhoed.
“Gevolglik moes ons die steun kry van die nasionale kernkragreguleerder om die kapasiteit te versterk om roetine-assessering te doen – buiten die toetse wat ons normaalweg doen.”
Peters het gesê die regering het nou uiteindelik ’n antwoord van die agentskap ontvang.
Sy het nie uitgebrei oor die duur of die omvang van die toetse en wanneer dit gedoen gaan word nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger