Klimaatsverandering dwing visse suidwaarts
2012-08-17 10:43
Sydney – Australiese wetenskaplikes sê daar is “treffende bewyse” dat die suidwaartse migrasie van tropiese visse en afname in ander spesies toegeskryf kan word aan klimaatsverandering.
Meer as 80 van Australië se mariene kenners het aan die verslag gewerk om vas te stel wat die impak van aardverwarming op die land is.
“Klimaatsverandering is klaar aan die gebeur, van die fisiese veranderings wat al plaasgevind het sluit in die verhitting van die water in die suidooste en toenemende vloei van die Oos-Australiese stroom,” het die verslag gelui.
“Daar is nou treffende bewyse dat tropiese visse, as gevolg van hierdie veranderings, suidwaarts migreer. Ook die afname in die aantal plankton kan aan hierdie veranderings toegeskryf word.”
Die verslag het ook Australië se suidooste as ‘n “laagtepunt vir klimaatsverandering” beskryf.
“’n Hele reeks van spesies, insluitend plankton, vis en ander ongewerweldes, is nou meer suidwaarts as gevolg van die toename in larwes wat saam met die verhitting kom.”
Daar is ook ‘n afname in seeslange en warmer strande het die teling gewoontes van seeskilpaaie en seevoëls drasties verander.
Koraalriwwe se temperatuur het ook die afgelope 30 jaar aansienlik toegeneem, wat kan lei tot chroniese agteruitgang vir dié riwwe.
Die projekleier, Elvira Poloczanska, het gesê dat daar egter positiewe ook in hul bevindings is. Party tropiese visse het aangepas om nou makliker gewoond te raak aan verhitting.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP