Klimaat sal almal na noorde laat trek

2010-09-13 07:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die res van die wêreld gaan weens klimaatsverandering “hel ervaar” en sal noordwaarts na die nou nog yskoue Skandinawiese lande wil verhuis waar volop vars water sal wees en kos geproduseer sal word.

Dít is die voorspelling van prof. Laurence C. Smith, geografiedosent aan die Universiteit van Kalifornië in die VSA, nadat hy 15 maande lank in die verre noordelike dele van die planeet in Rusland, Lapland, Kanada, Finland, Swede en Noorweë navorsing oor klimaatsverandering gedoen het.

Smith sê lande binne die Noordpoolsirkel is die enigstes wat in die volgende 40 jaar uit klimaatsverandering gaan voordeel trek.

Science Dailyhet die naweek in ’n verklaring gesê Smith meen elders gaan waterbronne opdroog, oeste misluk en natuurlike hulpbronne opraak.

Hy voorspel die Skandinawiese lande gaan ekonomies groot baat vind by klimaatsverandering en selfs daaruit ryk word.

As die olie- en steenkoolbronne in die res van die wêreld uitgeput is, gaan dié natuurlike hulpbronne – wat eeue lank onder die sneeu geberg was – vir groot rykdom in die koue noorde sorg, sê hy.

Volgens sy verslag, “The World in 2050: Four Forces Shaping Civilization’s Northern Future”, wat op 23 September uitgereik word, gaan klimaatsverandering chaos in die omgewing veroorsaak.

Hy voorspel die wêreld se bevolking gaan in die volgende 40 jaar met byna die helfte toeneem.

Natuurlike hulpbronne gaan daar ontbloot word presies wanneer dit in die res van die wêreld uitgeput is. As die see-ys in die Noordpool gesmelt het, sal Europa se droom van die afgelope 500 jaar – om direk oor die Noordpool met die Verre Ooste handel te dryf – volgens Smith uiteindelik bewaarheid word.

Vir sy navorsing in die noorde het Smith onderhoude gevoer met onder andere robjagters, takbokboere, vissermanne, mynwerkers, hoofde van oliemaatskappye, bioloë, klimatoloë, restauranteienaars, burgemeesters en bejaardes wat hul hele lewe op dieselfde plek gebly het.

Hy voorspel wild gaan die swaarste kry en sal nie by die vinnige veranderinge in die volgende vier dekades kan aanpas nie. Hy meen die grootste hoeveelheid spesies ooit gaan in die volgende vier dekades uitsterf.

- Volksblad

Lees meer oor: klimaat

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Dis nou soos om jou sussie oop mond te soen.....yuck....maar die Aussies sal seker gewoond wees daaraan Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.