Kleuterskool moedig gelyke geslagsrolle aan

2011-06-27 22:08
Tweets Share Share line Print

Stockholm – By die Egalia-kleuterskool in Stockholm vermy die personeel woorde soos “hy” of “haar” en word al die kleingoed as “vriende” aangespreek, eerder as “meisies en seuntjies”.

Alles is op só ‘n manier georganiseer dat kinders nie onderwerp word aan stereotipiese geslagsrolle nie.

“Die samelewing verwag van meisies om fyn en oulik en mooi te wees, terwyl seuns manlik, grof en uitbundig is,” sê Jenny Johnson (31), een van die onderwysers by die kleuterskool.

“Egalia bied kinders die ongelooflike geleentheid om te wees net wat hulle wil wees.”

Die skool probeer egter nie geslagsrolle uitwis nie, maar wel seker maak dat die tradisionele rolle wat seuntjies aanneem nie belangriker geag word as dié van meisies nie.

So word die lego-blokkies byvoorbeeld reg langs die speelgoed-stoof in die speelhoekie gebêre.

Op dié manier maak die kinders nie noodwendig ‘n skeiding tussen die wêreld van konstruksie en dié van kookkuns nie.

Die aanvaarding van huwelike tussen lede van dieselfde geslag word ook aangemoedig.

Daar is byvoorbeeld ‘n boek op die kinders se boekrak oor twee mannetjie-kameelperde wat hartseer is oor die feit dat hulle nie ‘n kind het nie, totdat hulle eendag op ‘n verlate krokodil-eier afkom.

Tradisionele families word ook uitgedaag – indien die kinders tydens speeltyd stry oor wie gaan "ma" speel en wie "pa", sal die onderwysers sommer voorstel dat hulle twee of drie ma’s en pa’s in die speletjie inkorporeer.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: geslagsrolle  |  kinders  |  kleuterskool

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Dis nou soos om jou sussie oop mond te soen.....yuck....maar die Aussies sal seker gewoond wees daaraan Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.