Kleuter met ekstra DNS-string gebore
2011-04-13 14:32
Londen – ‘n Twee jaar oue Britse seuntjie is met ‘n ekstra DNS-stringetjie gebore en die unieke mensie is die eerste en enigste geval in die wêreld.
Alfie Clamp se ouers was uiters bekommerd oor sy sukkelende ontwikkeling en het dokters ses weke lank laat soek na die fout.
Dokters was verbaas toe hulle sien daar is ekstra DNS-materiaal op Alfie se sewende chromosoom. So stomgeslaan was hulle, dat die genetiese afwyking steeds nie ‘n naam het nie.
Die ekstra materiaal het veroorsaak dat Alfie op 18 maande weens swak spiertjies nie in sy lêplek kon omdraai nie en sy ouers, Richard en Gemma, het gesê hy was op drie maande nog blind.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.