Kleiner iPad gou op die rak
2012-08-27 10:58
Video - Só lyk Microsoft se 'iPad'
Microsoft het sy mededinger vir die iPad, die nuwe Surface-tabletrekenaar, bekendgestel.
KYK
Kalifornië – Apple sal in Oktober ‘n kleiner weergawe van sy gewilde iPad bekendstel ná die vrystelling van die jongste weergawe van sy iPhone volgende maand, het die All Things Digital-webwerf Sondag berig.
“Die jongste weergawe van die tegnologiereus se gewilde slimfoon kom eers uit. Dit word bekendgestel by ‘n geleentheid op 12 September,” het die webwerf berig.
“Eers wanneer die volgende generasie iPhone by die deur uit is en te koop is, sal Apple die kleiner iPad waaraan hy werk, bekendstel.”
“Daardie toestel, wat ‘n skerm sal hê wat kleiner as 20 cm is, sal by ‘n tweede spesiale geleentheid bekendgestel word, wat volgens bronne vir Oktober geskeduleer is.”
Die 25 cm-iPad was lank die voorloper in die mark van tabletrekenaars, maar kleiner modelle soos Amazon se Kindle Fire, die Google Nexus 7 en die Samsung Galaxy het groot mededingers begin raak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP