Kleinboere sleutel tot groen ekonomie
2011-05-10 22:41
Kaapstad - Afrika se sukses in die groen ekonomie is gesetel in sy kleinboere, het Jerry Steiner, uitvoerende ondervoorsitter van Monsanto in Amerika, gesê.
Steiner was een van die sprekers op die Wêreld Ekonomiese Forum oor onder meer hoe Afrikalande die potensiaal van ’n groen ekonomie kan ontgin.
Studies wys dat ’n groen ekonomie werkskepping wêreldwyd in sleutelsektore, soos die landbou-, konstruksie-, bosbou- en vervoerbedryf, ’n hupstoot kan gee.
Steiner het gesê stappe moet nou gedoen word om te verseker dat die produktiwiteit van kleinboere verhoog en die waardeketting versterk word.
Hy meen dit is ’n belangrike deel in die strewe om groener te word.
Afrika suid van die Sahara verloor sowat 8 miljoen ton grondvoedingstowwe per jaar.
Meer as 95 miljoen hektaar grond het nou lae produktiwiteitswaarde.
Volgens hom is daar geen rede dat tegnologie wat vir die res van die wêreld ontwikkel is, nie ook in Afrika gebruik kan word nie.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad