Kinders se breine toon letsels van mishandeling
2011-12-06 15:21
New York – ‘n Nuwe studie het bevind tieners wat as jonger kinders mishandel is, se breine mag dalk later tekens van dié mishandeling toon.
Navorsers van die Yale-universiteit in Amerika het bevind tieners wat as jonger kinders mishandel is het in sekere dele van die brein minder grysstof gehad as kinders wat nie mishandel is nie.
Hulle het egter nie psigiatriese afwykings gehad nie, het die navorsers bevind.
“Ons sit hier met tieners wat nie diagnoseerbare afwykings het nie, maar wat steeds fisieke bewyse van mishandeling wys,” het die hoofnavorser, Hilary Blumberg, gesê.
Die navorsing is in die joernaal Archives of Pediatric & Adolescent Medicine gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.