Kinders op sosiale netwerke uiters kwesbaar
2011-04-18 21:57
Parys – Volgens die Europese Unie, is baie kinders wat
op sosiale netwerke rondspeel kwesbaar vir internet ‘bekruipers’ omdat hulle
nie die privaatheid verstellings gebruik nie.
EU data toon dat 77% kinders tussen 13 en
16-jaar profiele op sosiale netwerke het terwyl 38% kinders tussen 9 en 12, op
Facebook of MySpace is.
Vy-en-twintig persent van die kinders op
sosiale netwerke, gebruik glad nie privaatheid verstellings nie.
‘n Vyfde van hulle se telefoon nommers én adresse
kan deur enigiemand gesien word.
“Dié
kinders stel hulself bloot aan gevaar.
Hulle is uiters kwesbaar vir bekruipers en ander kwaaddoeners,” het Neelie
Kroes van die Europese Unie gesê.
Kroes het ‘n beroep op sosiale netwerke gedoen
om minderjariges se profiele outomaties so te stel dat net vriende dit kan
sien.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA