Kinders in dagsorg het meer stres
2011-09-12 08:03
New York – Kinders wat hul dae by dagsorg deurbring ervaar meer stres en hul breinfunksies kan veranderd wees, het ‘n navorser bevind.
Aric Sigman se studie het bevind sowat 70%-80% kinders wat hul dag in dagsorg deurbring het verhoogde vlakke van die streshormoon kortisol gehad.
Sy navorsingstuk, Mother Superior? The Biological Effects Of Day Care, stel voor die verhoogde kortisol-vlakke kan langtermyn implikasies vir hul gesondheid as volwassenes inhou.
Hy het ook gesê drie faktore dra by tot kinders se stresvlakke as gevolg van dagsorg: Die gehalte van die sorg, die hoeveelheid tyd wat die kind in dagsorg deurbring en die ouderdom waarop kinders in dagsorg gelaat word.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.