Kinders in SA weet baie min van seks, wys studie

2011-09-27 09:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die meeste Suid-Afrikaanse kinders het ’n beperkte kennis van hul eie seksualiteit, voortplanting en MIV/vigs en die algemene stilswye daaroor veroorsaak wanindrukke wat tot risikogedrag kan bydra.

Dit is van die bevindings in navorsing wat die RGN onlangs vir Save the Children, die wêreld se grootste kinderregte-organisasie, gedoen het.

2 087 huishoudings is by die studie betrek en 109 kinders tussen vyf en 11 jaar en 109 tussen 12 en 17 jaar is ondervra. Die studie het bevind net 17% van kinders tussen vyf en agt jaar verstaan die begrip geslagsgelykheid tot ’n mate. Kinders in dié ouderdomsgroep het ’n beperkte kennis van konsepte soos seks, geslag en menseregte. Hulle verstaan nie hoe seksualiteit in die mens se lewensiklus inpas nie en weet ook nie hoe swangerskap gebeur nie.

Min leerlinge tussen nege en 11 verstaan seksualiteit en het baie wanopvattings daaroor. 51% van dié groep verstaan hoe swangerskap gebeur en weet hoe dit voorkom kan word. 13% weet van kondoomgebruik en 30% van onthouding.

In die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar het 84% van kinders skole as primêre inligtingsbron vir MIV/vigs genoem, gevolg deur maats (62%).

Sowat 29% van seuns teenoor 22% van meisies in dié groep het al seks gehad, teenoor onderskeidelik 33% van seuns en 24% van meisies wat mekaar geliefkoos het.

In albei gevalle het seuns en meisies op gemiddeld 14-jarige ouderdom vir die eerste keer seks gehad.

55% van meisies en 43% van seuns het kondome gebruik toe hulle vir die eerste keer seks gehad het.

Wat toegang tot seksuele gesondheids- en voortplantingsdienste betref, het ’n derde van 12- tot 17-jariges gesê hulle weet waar om dit te kry. 93% van seuns en meisies beskou hul plaaslike kliniek of hospitaal as primêre bron van dié dienste.

Die studie het bevind net 12% van ouers het seks en MIV/vigs met hul kinders tussen vyf en 11 jaar oud bespreek, terwyl 26% al oor seksuele misbruik gepraat het.

In ag genome die lae vlak van kennis oor seksualiteit by vyf- tot agtjariges en nege- tot 11-jariges word aanbeveel dat seksonderrig vir toepaslike ouderdomsgroepe in klaskamers bevorder word. ’n Deel van die kurrikulum moet fokus op MIV/vigs, hoe dit oorgedra word en hoe oordrag voorkom kan word. Onderwysers moet opleiding kry om dié inligting aan leerlinge oor te dra.

Die studie het gewys sowat 330 000 kinders onder 15 jaar leef met MIV/vigs. Dis dubbel soveel as in 2001.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Dis nou soos om jou sussie oop mond te soen.....yuck....maar die Aussies sal seker gewoond wees daaraan Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.