Keniaanse boere kry sateliet-versekering
2010-01-22 12:19
Kaapstad – Boere in die droogste dele van Noord-Kenia kan nou staatmaak op satelliet-tegnologie om hul beeste teen droogte te verseker.
In die eerste fase van die projek sal boere spesifiek versekering kan uitneem teen die dood van koeie, bokke, skape en kamele as gevolg van droogte.
Droogte en 'n gebrek aan weigrond is die hoof oorsaak van veesterftes in die area, maar tradisionele metodes van versekering is moeisaam omdat versekeraars daarop aandring om die beweerde hoeveelheid sterftes self te bevestig voor geld uitbetaal word.
Met weigrond wat wyd verspreid lê, is dit byna onmoontlik, maar voortaan sal satellietbeelde van groen velde wat verbruin en verdroog die nuwe stelsel toelaat om weg te doen met ou metodes.
Lees meer by Reuters