Kees maak moles in man se huis

2010-11-20 08:01
Tweets Share Share line Print

Seugnet Esterhuyse

Pretoria - ’n Volwasse bobbejaanmannetjie het Vrydag groot verwoesting gesaai in ’n huis in Hebron, naby Ga-Rankuwa, noordwes van Pretoria.

Isaac Moche, eienaar van dié tweeslaapkamerhuis, is nog verstom dat die bobbejaan in dié huis kon inkom.

“Ek was vroeg Vrydagoggend besig om buite (die huis) te bad toe ek iets harigs by my huis sien ingaan,” het Moche gesê.

Moche het dadelik die deur toegemaak en die Ga-Rankuwa-polisiekantoor om hulp gebel.

Dié kon hom egter nie help nie en die hulp van Tshwane-natuurbewaring is ingeroep.

Hencke Marais van Tshwane-natuurbewaring se spesialiteitsdienste het kort daarna opgedaag.

Marais het gesê dat die bobbejaan al teen dié tyd “alles in die huis omgekeer” soos hy probeer uitkom het – tot die TV, wat gelukkig nie beskadig is nie. Hy het ook aan al die aartappels en tamaties in die huis gehap, maar niks gevreet nie. Hy het ook die hele huis bemis, sê Marais.

“Ek moes die bobbejaan, wat in die huis se dakbalke geskuil het, in byna stikdonkerte met ’n veerpyl skiet om hom te verdoof.”

Nadat Marais die sneller getrek het, het hy gewag vir die verdowingsmiddel om te begin werk.

Minute later het Marais, Moche en omstanders, wat intussen buite saamgedrom het, gehoor hoe die dier agterop Moche se bakkie in die motorhuis beland.

Marais het die bobbejaan toe in ’n hok gesit en op sy bakkie gelaai.

“Dit is ’n volwasse mannetjie tussen ses en agt jaar wat meer as 20 kg weeg. ’n Trop het hom heel waarskynlik in die Hartbeespoort-omgewing uitgeskop en hy het sy weg hierheen gevind.”

Die dier is laat gistermiddag tussen Hammanskraal en Cullinan vrygelaat. 

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Dis nou soos om jou sussie oop mond te soen.....yuck....maar die Aussies sal seker gewoond wees daaraan Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.