Kapenaars, Durbaniete drink dalk eersdaags rioolwater
2012-10-10 10:45
Fotogalery - Branderry-kompetisie met 'n verskil
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Kaapstad – Inwoners van Kaapstad en Durban gaan dalk eersdaags herwonne rioolwater moet drink, omdat water al hoe skaarser word, het die Cape Times berig.
Johan van Rooyen, direkteur van die departement van waterwese, het gesê beide stede is besig om groot hoeveelhede huishoudelike afvalwater in die see in te spoel, terwyl dit alles herwin kan word.
Van Rooyen het tydens ‘n vergadering in Umhlanga gesê hoewel dit tegnies moontlik is om seewater te ontsout, sal dit 'n duur proses wees.
Ontsoute water sal sowat R12 per kiloliter kos en herwonne afvalwater sowat R7 per kiloliter.
Gauteng is ook nie immuun teen die krisis nie, en sal binne die volgende drie jaar groot hoeveelhede suur mynwater moet begin verdun om besoedeling by die Vaalrivier te vermy.
Jo Burgess, adjunkpresident van die Water Instituut van Suid-Afrika, het gesê hoewel die idee van herwonne afvalwater baie aaklig klink, is die realiteit dat mense al jare lank water drink wat uit besoedelde riviere kom.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA