Kantore van binnelandse sake kry webkameras

2011-09-20 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die kantore van die departement van binnelandse sake gaan met webkameras toegerus word om die kans op korrupsie of foute te verklein.

Amptenare sal hierdeur van ’n sentrale punt soos die Pretoriase hoofkantoor, gemonitor kan word.

Die herontwerpte Wynberg-streekkantoor, wat na die Maynard-winkelsentrum geskuif het, sal voor die einde van die huidige boekjaar met sulke kameras toegerus word, het Fatima Chohan, adjunkminister van binnelandse sake, gesê. Sy het dié kantoor – wat daagliks sowat 300 kliënte bedien – gisteroggend amptelik geopen.

Volgens haar is die webkameras baie belangrik.

“Georganiseerde misdaad kan nie sonder ons dokumente plaasvind nie. Daar was die afgelope paar maande baie berigte oor amptenare wat in hegtenis geneem is in ’n poging om korrupsie in ons kantore hok te slaan.

“Amptenare moet hulself as die eerste in die aanvalslinie teen misdaad en veral georganiseerde misdaad in die land beskou. Ek hoop ons amptenare sal dit verstaan en hulself in dié lig sien.

“Die webkameras sal die gerusstelling verskaf dat ons sekerheidstelsels nie geskend word deur korrupsie of foute nie. Kantooraktiwiteite sal deur die kameras gemonitor word met die oog daarop om die risiko’s op kantoor te verklein,” het sy gesê.

Yusuf Simons, provinsiale bestuurder, het gesê sodra die kameras geïnstalleer is, sal die aktiwiteite uit Pretoria gemonitor kan word. “As die hoofkantoor dink dit is nodig om in te gryp, sal hulle dit dadelik kan doen.”

Vusumuzi Mkhize, adjunk-direkteur-generaal, het gesê die plan is om die kameras landwyd aan te bring.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Dis nou soos om jou sussie oop mond te soen.....yuck....maar die Aussies sal seker gewoond wees daaraan Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.