Kanker: Moenie rook nie!

2012-02-04 08:46
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Om te rook, kom neer op ’n doodswens.

Dit is die grootste oorsaak van kanker, het dr. Carl Albrecht, navorsingshoof van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), Vrydag op die vooraand van Wêreldkankerdag gesê.

“Rook is een van die grootste flaters van die mensdom oor die afgelope paar honderd jaar.”

Vanjaar het Wêreldkankerdag as tema die moontlikheid om die sterftes aan kanker en ander nie-oordraagbare siektes wêreldwyd teen 2025 met 25% te verminder. Kanker is tans die voorste oorsaak van sterftes wêreldwyd.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) raam die aantal sterftes weens kanker sal tussen 2008 en 2030 met 57% toeneem.

Die grootste wanpersepsie oor kanker is volgens Albrecht: “Iemand anders gaan dit kry, nie ek nie.”

Sowat ’n kwart van Suid-Afrikaners sal in hul leeftyd kanker kry.

“Die probleem is dat daar geen toets is om vas te stel wie dit gaan kry nie,” het Albrecht gesê.

“Almal moet leef asof hulle kankerkandidate is en ons moet aktief die risiko’s verminder.”

Kansa het verlede jaar op Wêreldkankerdag onderneem om handtekeninge in te samel om ’n kankervrye gemeenskap daar te stel.

Volgens Sue Janse van Rensburg, uitvoerende hoofbeampte van Kansa, is 33 000 handtekeninge al ingesamel.

Albrecht het ook teen alternatiewe behandeling gewaarsku.

“Behandeling sonder ’n wetenskap-basis kan gevaarlik, bedrieglik en ondoeltreffend wees. As dit regtig werk, sou dit deur wetenskap ondersteun word.”

Behandeling is tans ’n kombinasie van chirurgie, chemoterapie en radioterapie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek neem die SKA lidlande nie kwalik nie nou kan Australie en Nieu Seeland ten minste toesig hou oor die spul hier by ons en seker maak die projek word nie rot en kaal gesteel nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 109,990.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.