Kangaroes in Tokyo?
2010-03-09 05:19
Tokyo - Dit mag dalk snaaks wees, maar plaaslike inwoners van die Mayama-bergstreek sê hulle het 'n paar kangaroes in die gebied gesien en joernaliste is nou op die spoor van dié buideldiere.
Die beskrywings wat deur ooggetuies gegee is, lyk naby genoeg. Vir jare praat hulle van 'n beigekleurige dier met groot ore en wat sowat 1,5 m lank is. Dié dier staan glo langs die pad en spring dan later weer weg.
Al dié diere is in die Mayama-bergstreek van Osaki-stad in Miyagi in die noorde van Tokyo.
Die stad het sowat 30 oproepe ontvang van "kangaroe-diere" wat in dié gebied gesien is.
– Sapa-AFP