Jou iPhone neem skelm foto’s van jou
2011-04-08 12:50
New York – Verontruste iPhone 4-gebruikers maak geluide oor die Apple-slimfoon steelfoto’s van hulle neem en dan vertoon tydens FaceTime-video-oproepe.
Die gebruikers het die verskynsel (sien video) op ‘n aanlynforum aangemeld. Die steelfoto’s word glo deur die kamera op die foon se gesig geneem en tydens video-oproepe aan die gebruiker vertoon.
“Ek en my kêrel ervaar albei die probleem,” het kar0786 geskryf. "Foto’s word skelm van ons by die werk geneem en vertoon tydens oproepe.”
Die iPhone 4 lyk sover darem nog na ‘n veilige metgesel na die badkamer. Terwyl die steelfoto's aan die gebruiker vertoon, sien die ontvanger van die oproep glo net ‘n swart skerm, nie die steelfoto’s nie.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.