Liefde is voorwaar blind, bewys studie
2011-08-18 12:30
New York – As die liefde blom is ons blind vir ons bemindes se persoonlikheidsfoute – en, het nuwe navorsing bewys, sommer ook vir hul bleek velle en skewe tande.
Mense is geneig om hul bemindes veel hoër te ag op ‘n skaal van aantreklikheid as ander mense op straat, berig iAfrica.
In 'n onlangse studie, gepubliseer in die Journal of Social and Personal Relationships, is 70 heteroseksuele paartjies tussen die ouderdom van 18 en 37 gevra om hulself en hul bemindes volgens hul voorkoms en geskatte intelligensie 'n punt te gee.
Die meeste mense het hulself en hul beminde 'n hoër punt as vreemdelinge gegee.
Dié verskynsel is 'n aanpassing om verhoudings stabiel te hou, het die studie bevind.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.