Jongmense verkies selfbeeld bo seks, geld

2011-01-12 10:24
Tweets Share Share line Print

New York – ‘n Gesonde selfbeeld is waarna jongmense die meeste hunker, nie seks of geld nie.

Navorsers van die Ohio State-universiteit en Brookhaven National Laboratory in Upton, New York, het bevind studente verkies komplimente en goeie toetspunte bo ander hoog geagte aktiwiteite soos seks, kuier saam met vriende en ‘n salaris in die hand.

Brad Bushman, ‘n professor van sielkunde aan dié Ohio universiteit reken hierdie bevinding behoort die gevaarligte van die samelewing te laat flikker.

“Mense soek dikwels ‘n vinnige oplossing vir ingewikkelde probleme,” verduidelik hy. “Van tienerswangerskap tot geweld; ons dink as ons beter voel oor onsself sal dié dinge nie gebeur nie.”

Bushman meen die bevindinge, wat in die aanlynpublikasie Journal of Personality verskyn, laat dit blyk asof talle jongmense ‘n bietjie te veel op die verryking van hul selfbeeld fokus.

“Dit sou nie akkuraat wees om te se hulle is verslaaf aan selfbeeld nie, maar hulle was nader aan verslawing daaraan as aan enige van die ander aktiwiteite wat ons bestudeer het.”

Studente moes ‘n lys aktiwiteite klassifiseer volgens hoe baie hulle daarvan hou teenoor hoe graag hulle dit sal wil hê.

Resultate het wel getoon dat respondente meer van plesieraktiwiteite hou as wat hulle dit wil hê, maar die verskil tussen “hou van” en “wil hê” was die kleinste waar selfbeeld betrokke was.

Bushman glo fyn onderskeid word gemaak tussen selfbeeld en selfliefde. Oordrewe selfbeeld word selfliefde, reken hy.Volg Nuus24 op Twitter. 

- Reuters

Lees meer oor: gesondheid  |  jong mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Julle sal Devon definitief ook daar sien dans. Saam met Legens natuurlik. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

FORD

Bantam 1.6i PU MY09
2009
R 72,950.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.