Jongmense het meer onbeskermde seks
2011-09-26 13:57
Londen – Jongmense oor die wêreld heen het al hoe meer onbeskermde seks en hulle weet minder oor voorbehoedmiddels, het ‘n studie bevind.
Die studie, getiteld Clueless or Clued Up: Your Right to be informed about contraception, het bevind jongmense wat in die afgelope drie jaar seks met ‘n nuwe maat gehad het, het met 111% in Frankryk, 39% in die VSA en 19% in Brittanje gestyg.
“Maak nie saak waar jy in die wêreld is nie, daar is struikelblokke wat tieners van geloofwaardige inligting oor seks weerhou,” het ‘n navorser, Denise Keller, gesê.
“As jongmense toegang tot inligting en dienste oor voorbehoedmiddels en seks het, maak hulle besluite wat hulle lewensgehalte verbeter.”
Die studie is deur 11 internasionale nie-regeringsorganisasies aanvaar en het meer as 6 000 jonmense van 26 lande oor hul houdings jeens seks en voorbehoedmiddels ondervra.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters