Joernaliste moet liefs nie tweet
2010-03-12 11:20
Kaapstad – Reuters se joernaliste is aangesê om eerder nie stories op sosiale netwerke soos Twitter of Facebook, te breek voordat hulle dit op die media-webblaaie gepubliseer het nie, berig Mashable.com.
Baie stories, veral dié oor natuurlike rampe, breek in elk geval eerste op sosiale netwerke, maar Reuters-joernaliste moet heel eerste van die konvensionele kanale gebruik maak om stories te publiseer.
Hulle moet ook eers toestemming kry van hul redakteurs en bestuurders voordat hulle Facebook of Twitter vir professionele doeleindes gebruik.
Dit wil voorkom dat hoewel Reuters die waarde van sosiale netwerke erken, hulle terselfdertyd die bedreiging wat dié blaaie inhou, raaksien.
Kliek hier vir die volledige storie.