Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Joernaliste krap kop oor nuwe PlayStation 4

2013-02-21 09:57
Tweets Share Share line Print

New York – Sony het Woensdag die nuwe PlayStation 4 bekend gestel en sy visie vir die “toekoms van videospeletjies” met joernaliste gedeel.

Andrew House, hoof- uitvoerende beampte van Sony Computer Entertainment, het tydens die bekendstelling in New York gesê die maatskappy se doel met dié nuwe konsole is om die PS4 te vestig as ‘n “toonaangewende plek om videospeletjies te speel".

House het egter nie enige besonderhede gegee oor die maatskappy se planne vir rolprent-, musiek-, televisie- en ander digitale inhoud op die PS4 nie. Sony het ook nie 'n prototipe van die PS4 by die bekendstelling vertoon nie.

“Dit was nogal vreemd dat Sony nie die toestel gewys het nie,” het Brian Blau, direkteur van die navorsingsfirma Gartner, gesê.

“Hulle wil dit seker nie alles weggee nie, wat die natuur van die bedryf is,” het Blau bygevoeg.

Die PS4 is ontwerp om sy speler te leer ken, tot só ‘n mate dat die toestel later sal kan voorspel watter videospeletjies die gebruiker sal wil koop en dit dan vooraf sal installeer.

Sony het ook sy voorneme bekend gemaak om die wêreld se grootste netwerk vir videospeletjies te bou.

“Deur die PS4, die PlayStation Netwerk en ander sosiale platforms te kombineer, streef ons daarna om die eerste sosiale netwerk te skep wat heeltemal aan videospeletjies toegewy is,” het David Perry, hoof van die Gakia-videospeletjiemaatskappy, tydens die bekendstelling gesê. Sony het Gakia verlede jaar gekoop.

Perry het onder andere genoem dat mense PlayStation-videospeletjies op die internet sal kan speel deur hul PS4, tabletrekenaars of die PlayStation Vita te gebruik.

“Oor die lang termyn wil ons PlayStation-tegnologie op alle toestelle beskikbaar hê.”

Sony het gesê die PS4 sal voor die einde van die jaar beskikbaar wees, maar het nie spesifieke besonderhede gegee nie. Geen besonderhede is in dié stadium beskikbaar oor wanneer die toestel in Suid-Afrika te koop sal wees nie.

Ouer PS3-speletjies sal op die nuwe toestel gespeel kan word, het Blau bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter

- AFP

Lees meer oor: sony  |  playstation
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Tertia Rossouw Möller sê... En al die voëllewe wat ook daarmee heen gaan wees... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Application Developer 6month contract

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.