Jesus gloei rooi op Vigsdag
2011-12-02 10:57
Rio de Janeiro – Die Brasiliaanse stad Rio de Janeiro het Donderdag op Wêreldvigsdag 10 van sy monumente rooi laat skyn om mense van sy stryd teen die virus bewus te maak.
Die stad het rooi ligte op die wêreldbekende beeld van Jesus, Christ the Redeemer, en ander monumente geskyn om die dag te herdenk.
“Dit is ‘n manier om die stad se mense te herinner daar is nog nie ‘n kuur vir vigs nie en kondome is die enigste manier om die virus te beveg,” het Carlos Tufvesson, die stad se koördineerder van seksuele diversiteit, gesê.
Rio sal vanaf Saterdag vir die volgende 10 dae vigstoetse regoor die stad by 185 klinieke beskikbaar stel.
Sowat 250 000 Brasiliane leef met die MIV-virus sonder dat hulle daarvan bewus is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP