Jagter skiet luiperd op hom

2010-11-15 10:00
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - ’n Beroepsjagter van Bela-Bela (Warmbad) het ’n verwoede, gekweste luiperdmannetjie in Tanzanië doodgeskiet terwyl die dier hom vasgepen het.

“Ek het nooit regtig die luiperd gesien nie,” het Jaco Oosthuizen, 37, stigter van Game Trackers Africa, gesê. “Ek het bloot op gevoel en gehoor gereageer, omgeswaai en geskiet toe die luiperd my aan die regterarm beetkry.”

Volgens Oosthuizen was die luiperd, wat in lang gras langs ’n droë rivierloop geskuil het, sowat ses tree regs van hom toe die dier hom bespring het.

Die dier het die spiere in Oosthuizen se regter bo-arm afgeruk.

Oosthuizen, wat links is, het ’n skoot afgevuur voordat die luiperd hom teen die bors vasgepen het. “Ek het hierna gevoel in my regterarm verloor.

“Dit was my tweede skoot uit my dubbelloopgeweer wat die luiperd getref het terwyl hy bo-op my was,” het Oosthuizen oor sy noue ontkoming op 4 November vertel.

Die luiperd is meer as ’n uur tevore deur ’n Mexikaanse jagter, een van Oosthuizen se gereelde kliënte, in die Selous- reservaat gekwes toe hy die dier as trofee wou skiet. Nadat die luiperd gewond is, het die dier gevlug.

Spoorsnyers is per radio ontbied om die gekweste dier te help opspoor.

Volgens Oosthuizen het hulle langer as ’n uur gewag om die “gevaarrisiko” te verminder en die luiperd tyd te gee om “af te koel” omdat die beseerde dier omgekrap sou wees. Teen dié tyd was dit reeds donker.

Omdat Oosthuizen en sy spoorsnyers toe sowat twee uur van hul kamp was, is sy wonde eers die volgende oggend onder lokale verdowing in die naaste dorpie ontsmet en behandel.

Hy het na Dar es Salaam gevlieg waar hy steke gekry het, maar die dokter kon niks doen om sy spiere te heg nie.
Twee dae later is Oosthuizen met ’n kommersiële vlug na Johannesburg.

Hy is na die Pretoria-Oos-hospitaal gebring waar sy spiere in twee operasies geheg is. Oosthuizen is verlede week uit die hospitaal ontslaan.

Sy arm is steeds in gips.

Volgens Oosthuizen is die dooie luiperdmannetjie met die hulp van nog ’n beroepsjagter opgespoor. “Volgens een van my spoorsnyers was die luiperdmannetjie baie oud as daar na die grootte van sy skedel gekyk word.”

Oosthuizen neem sy kliënte van 1999 na dié reservaat en die Moyowosi-reservaat in Tanzanië. Dit is die eerste keer dat hy tydens só ’n jagtog beseer is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Julle sal Devon definitief ook daar sien dans. Saam met Legens natuurlik. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

FORD

Bantam 1.6i PU MY09
2009
R 72,950.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.