Jagluiperds is aan die uitsterf

2011-12-05 07:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sondag op ’n internasionale dag wat spesiaal aan die bewusmaking van die bewaring van jagluiperds gewy word, het 27 bewaringswetenskaplikes in Namibië gegradueer.

Hulle het hul opleiding voltooi by die Cheetah Conservation Fund (CCF) in Otjiwarongo.

Dit is hier waar dr. Laurie Marker baanbrekerswerk met die bewaring van jagluiperds doen.

Hy het Khayam, ’n jong jagluiperd, 35 jaar gelede van die VSA na dié sentrum gebring vir navorsingsdoeleindes.

Khayam is op 4 Desember gebore en daarom het Marker besluit om dié dag te gebruik om mense wêreldwyd bewus te maak van die lot van dié katte.

Naas renosters is jagluiperds tans die dier wat die vinnigste uitsterf in Afrika.

Sowat ’n eeu gelede was daar nagenoeg 100 000 jagluiperds in meer as 44 lande te sien. Vandag is daar sowat 10 000 van die diere in 23 Afrika-lande oor.

In Iran is na beraming net 70 jagluiperds. Dié syfers is die rede waarom jagluiperds nou ook op die rooilys van bedreigde diere is.

Die wetenskaplikes wat dié week gekwalifiseer het, hoop om veral boere bewus te maak daarvan dat jagluiperds aan die uitsterf is.

Faktore wat dié katte se voorbestaan bedreig, is dat hulle deur boere gesien word as “probleemdiere”, dat hul natuurlike habitat weens ontwikkelings verklein en dat hul prooi om dié rede ook verminder.

Die bewusmakingsdag rondom jagluiperds volg kort nadat Johan van der Westhuizen van Alberton gehoor het hy het een van die grootste jagluiperds nóg tydens ’n jagtog gedood.

Hy het die dier in April vanjaar tydens ’n begeleide jagtog in Khomas in Namibië geskiet, maar die rekord is eers op 7 November bevestig.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Julle sal Devon definitief ook daar sien dans. Saam met Legens natuurlik. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

FORD

Bantam 1.6i PU MY09
2009
R 72,950.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.