Is jy Facebook-vriende met jou ma?
2011-01-19 11:01
VSA - Sowat twee derdes van Amerikaanse tieners is gemaklik daarmee om hul ouers as Facebook-vriende te hê.
So lui 'n nuwe studie waarin bevind is dat tot 16% van tieners gesê het dat om hul ouers as vriende op dié sosiale netwerk te hê 'n voorvereiste was om toestemming van hul ouers te kry om in die eerste plek deel daarvan te word.
'n Verdere 38% het gesê hulle het versoeke van hul ouers om hul vriende op die netwerk te wees, bloot geïgnoreer.
Kristen Campbell van Kaplan Test Prep, wat duisende studente ondervra het, meen Facebook is die nuwe grens in ouer-tiener-verhoudings.
"Die studie wys dat 65% van tieners nie wegkruip nie en dit is positief," het Campbell bygevoeg.
Volgens haar is Facebook ook 'n manier vir tieners om onafhanklik van hul ouers te wees.
Lees verder by Jip
- Jip