Is hoenders in hokke ongelukkig?
2009-11-19 16:58
Des Moines – Is hoenders wat vasgedruk en beknop is, van hul lotjie getik?
Navorsers probeer nou om hierdie vraag te beantwoord deur verskillende studies.
Die besprekingspunt handel tans oor klein hokke, wat ongeveer 61 cm wyd en 65 cm diep is, en tot op nege henne kan huisves.
Ongeveer 96% van eiers wat in Amerika verkoop word, kom van henne wat in sogenaamde battery-hokke woon. Dié kuikens woon sedert hul geboortedag in die hokke, tot wanneer hul lê-tydperk eindig, sowat 18 tot 24 maande later.
Die publiek blyk om kant te kies teen die hokke. Kiesers in Kalifornië het verlede jaar ‘n voorstel goedgekeur wat die beknopte hokke vir henne verban.
Michigan se goewerneur het verlede maand ‘n wetgewing geteken, wat vereis dat diere genoeg ruimte moet hê om rond te beweeg en hul ledemate uit te strek.
Paul Shapiro, senior direkteur van die Humane Society of the United States' Factory Farming-veldtog, het gesê die eier-industrie wil mense mislei om te glo dat die voëls in klein hokke steeds welvaart geniet.
Vervaardigers sien dit egter anders en beweer dat die hoenders tevrede is met die "enigste lewens wat hulle ken".
Hoewel die hoenders nie hul vlerke kan sprei nie, beweer vervaardigers dat hulle nie so styf teenmeekaar vasgedruk is dat hulle nie rond kan beweeg nie.
- AP