Is Farmville verslawend?
2010-04-08 10:04
Kaapstad – Farmville blyk een van die vele internetspeletjies te wees wat hoogs verslawend is: ‘n 12-jarige seuntjie van Brittanje het sowat R8800 se skuld opgebou met dié Facebook-speletjie, berig Mashable.com.
Van die geld was sy eie, maar meeste daarvan het hy met sy ma se kredietkaart opgelui.
Sy ma heeltemal onbewus van al dié transaksies op haar kredietkaart.
Zynga, die rekenaarspeletjie-maatskappy, en haar bank, HSBC, weier om die transaksies nietig te verklaar.
HSBC het voorgestel dat sy Zynga dagvaar vir die geld.
Gewoonlik word kredietkaarteienaars gewaarsku as daar toenemende transaksies tussen hul rekening en ‘n dobbel-webblad plaasvind.
Farmville val egter nie onder die kategorie nie en alle transaksies het ongemerk deurgegaan.
Kliek hier vir die volledige storie.