Iran verantwoordelik vir kuberaanval, sê kenners
2011-08-31 22:53
Amsterdam – Deskundiges glo die Iraniese regering was
verantwoordelik vir ‘n kuberaanval wat hulle in staat gestel het om andersdenkendes in Iran
se e-posse op Google te lees.
Vasco, ‘n sekuriteitsfirma wat in Chicago gebaseer
is, sê hul filiaalmaatskappy in
Nederland, DigiNotar, het in Julie van die kuberaanval bewus geword.
Die kuberaanval het deur die sekuriteit van ‘n hele
aantal domeine, insluitende Google.com, geraak.
Die maatskappy het stil-stil die skade wat
berokken is probeer regmaak, maar is Maandag deur die Nederlandse regering
ingelig dat Google, en moontlik ander domeine, steeds blootgestel is.
Google het in 'n blog-inskrywing gesê dat die meeste mense wat deur die kuberaanval geraak is, in Iran bly.
DigiNotar is een van die vele firmas wat
sekuriteitsertifikate skep om privaat-kommunikasie tussen die verbruiker se
lesers en ‘n webwerf te verseker.
Volgens DigiNotar het die kuberkrakers daarin
geslaag om by die infrastruktuur van hul maatskappy in te breek en vervalsde sertifikate te skep.
F-Secure, ‘n Finse sekuriteitsfirma, sê dié
sertifikate kan gebruik word om internetverkeer wat vir Google bestem is, te herlei.
“Daar was ‘n soortgelyke aanval in Mei,” het ‘n
Finse sekuriteitsfirma op hul webwerf aangaande die voorval gesê.
“Dit is heel waarskynlik die regering van Iran
wat dié tegnieke gebruik om andersdenkendes te monitor.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP