Internetverslaafdes se dae getel

2010-03-16 15:20
Tweets Share Share line Print

Seoel - Suid-Korea bied van 2011 af gratis sagteware aan om die tyd wat internet- en speletjieverslaafdes op die internet deurbring, te verminder, het die premier se kantoor Dinsdag gesê.

Die regering, wat sowat twee miljoen webverslaafdes het, gaan twee tipes sagteware beskikbaar stel.

Die een is die Consensual Shutdown en die ander een word Internet Fatigue genoem.

Consensual Shutdown beperk die gebruik van die rekenaar deur die tyd wat deur 'n voog of die gebruiker gestel is. Internet Fatigue maak speletjies moeiliker sodat die speler verveeld word.

Die aanbod is deel van 'n plan wat deur die ministerie van openbare administrasie en sekuriteit opgestel is om internetverslawing te bekamp.

"Die onlangse voorval waar 'n speletjieverslaafde gesterf het, wys duidelik dat internetverslawing 'n probleem is vir alle ouderdomme," het 'n woordvoerder van die ministerie gesê.

Die polisie het vandeesmaand 'n paartjie in hegtenis geneem wie se babadogter van honger gesterf het terwyl hulle by 'n internetkafee was.

Die nuwe plan bied opvoeding en berading. Die regering sê 8,8% van die internetgebruikers is verslaafdes en hoop om dié getal teen 2012 tot 5% te verminder.

– Sapa-AP
 

Lees meer oor: tegnologie

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.