Internet toe nie TV se doodsteek
2010-11-15 13:23
New York – Die betaaltelevisiebedryf wroeg lank reeds oor die invloed van internetgebruik op kykertalle, en spesifiek oor die hoeveelheid kykers wat subskripsies kanselleer omdat televisieprogramme van die internet afgelaai word.
Maar betaaltelevisie-base hoef volgens die jongste navorsing nog lank nie by internetmaatskappye te gaan werk soek nie, berig City Press.
Die uitslag van 'n nuwe meningspeiling deur die maatskappy Nielsen dui daarop dat die meeste mense wat televisieprogramme aanlyn aflaai, nie hul subskripsies by betaalkanale kanselleer nie.
Die studie, getiteld 'Life is a Stream' (Die lewe is 'n [data-]stroom), het 769 mense tussen die ouderdom van 18 en 49 gepols oor hulle kykgewoontes, en tot die slotsom gekom dat 84% van kykers dieselfde hoeveelheid programme (of selfs meer) op die kassie kyk sedert hulle televisieprogramme op die internet begin aflaai het.
Slegs 3% van respondente het beplan om in die nabye toekoms hul betaalkanaal-subskripsies te kanselleer.
Lees die volledige berig hier.
- Volg Nuus24 op Twitter