Internet-reuse span saam om Egipte te help

2011-02-01 09:42
Tweets Share Share line Print

Egipte – Google Inc het ‘n spesiale diens geskep om mense in Egipte toegang te gee om Twitter-boodskappe te stuur deur ‘n nommer te skakel en ‘n boodskap te los.

Dit volg nadat die internet-toegang in die land afgesny is te midde grootskaalse betogings teen die regering.

“Soos baie mense sit ons vasgenael voor die nuus van wat in Egipte aan die gebeur is en ons het gedink oor wat ons kan doen om die mense op die grond te help,” het ‘n inskrywing op Google se amptelike blog Maandag gelees.

Die diens, wat volgens Google saam met ingenieurs van Twitter ontwikkel is, laat mense toe om ‘n telefoonnommer te skakel en ‘n boodskap te los.

Die stemboodskap word dan outomaties verander in ‘n boodskap wat op Twitter gestuur word deur gebruik te maak van die Twitter-trefwoord #egypt, het Google gesê.

Volgens Google is geen internet-konneksie nodig om die boodskappe te stuur nie.

Die telefoonnommers wat Google gegee het vir mense om die diens te gebruik is: +16504194196 of +390662207294 of +97316199855.

YouTube het in die tussentyd beeldmateriaal van die betogings in Egipte in die kollig geplaas.

Die amptelike YouTube-blog het in ‘n inskrywing gesê dat hulle ‘n hele paar stappe gaan neem om seker te maak dat die wêreld weet wat in Kaïro , Alexandria, Suez en ander dele van die land aangaan.

Die Egiptiese regering probeer hard om alle mediadekking van die reuse-betogings wat die land teister te blokkeer, maar nietemin word die nuus steeds gedek.

YouTube trek op elke bladsy op hul webwerf aandag na die Egipte protes-video’s.

Kyk hier na die Citizentube video

Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: google  |  egipte  |  internet  |  twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Julle sal Devon definitief ook daar sien dans. Saam met Legens natuurlik. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

FORD

Bantam 1.6i PU MY09
2009
R 72,950.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.