Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Internet-miljoenêr gou weer op dreef

2012-11-01 11:06
Tweets Share Share line Print

Wellington – Die omstrede baas van die webwerf Megaupload, Kim Dotcom, het Donderdag planne onthul om sy internet-sakeryk in Januarie weer op die been te kry op die herdenking van sy inhegtenisneming in Nieu-Seeland.

Dotcom, wat deur owerhede geteiken is weens sy webwerf, wat onder andere as stoor- en aflaaiplek vir onwettige data, rolprente en musiek gedien het, is vry op borgtog, maar veg steeds om nie aan die VSA uitgelewer te word nie.

Die Nieu-Seelandse polisie het hom op 20 Januarie 2011 by sy herehuis buite Auckland in hegtenis geneem as deel van 'n Amerikaanse ondersoek na beweerde kopieregoortredings. Sy webwerf, Megaupload, is deur owerhede gesluit.

Die 38-jarige Duitser het op Twitter sy planne aangekondig om 'n nuwe diens, genaamd Mega, te begin. 'n Publisiteitswebwerf vir die diens het glo miljoene besoekers in enkele ure gelok.

"Een ding is seker: Die wêreld soek MEGA!," het hy op Twitter geskryf.

Meer besonderhede oor die beplande webwerf is nie bekend gemaak nie, maar die bemarkingswebwerf het gesê die nuwe diens sal gevorderde tegnologie gebruik om data te beskerm sodat slegs gebruikers, en nie die webwerf se operateurs nie, kan weet wat hulle oplaai.

Dit sal owerhede teoreties verhoed om te beweer dat die webwerf se operateurs mense willens en wetens help om die wet te breek deur onwettige sagteware en ander data op die stelsel te laai.

Die oorspronklike Megaupload-webwerf het in 'n stadium sowat 4% van die wêreld se internetverkeer gelok, met 50 miljoen besoeke per dag.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: kim dotcom  |  megaupload  |  internet
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Fordsburg - 10:15 AM
    Road name: Church Street Southbound
    SLOW TRAFFIC between Central Avenue and Main Reef Road
  • Friday Fourways - 10:14 AM
    Road name: William Nicol Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Leslie Avenue - expect DELAYS
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.