Internet in SA verander vir ewig

2010-03-18 09:24
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – MWEB het stof in die oë van sy mededingers geskop met die aankondiging dat hulle onbeperkte breëband-internetpakkette vir plaaslike gebruikers sal aanbied.

Hierdie aankondiging kan die internet-landskap in Suid-Afrika vir ewig verander.

“Ons het besef daar is ‘n reuse-gaping in die mark. Suid-Afrika ervaar nie die internet soos die res van die wêreld nie. Hierdie is die ideale geleentheid om die internet in Suid-Afrika te verander,” het Rudi Jansen, die uitvoerende hoof van MWEB, aan Nuus24 gesê.

Volgens Jansen het dié mark nog ‘n lang pad om te stap.

“Dinge eindig nie hier nie. Daar is seker so drie of vier groot dinge wat in hierdie mark moet verander, en hierdie is maar die eerste stap. Die selfoondiensverskaffers moet begin om groothandeldata aan te bied. Hoe meer kompetisie daar is, hoe beter is dit vir die mark.

“Telkom moet hulle ADSL-gebruiker toelaat om hulle lyn op te verdeel sodat hulle aparte telefoon- en ADSL-lyne het. Dit moet eenvoudig net gebeur, dan sal die mark kan groei,” het hy bygevoeg.

Monopolie:


Alhoewel MWEB data kan voorsien, het Telkom op die oomblik monopolie oor die lyne in huishoudings. Volgens Jansen het dit ‘n negatiewe effek op die mark.

Jansen meen verder dat MWEB-intekenaars outomaties meer sal moet opdok vir die onbeperkte ADSL, maar hulle sal opgradeer word afhangende van watter pakket hulle gebruik.

“Die mense wat tans ‘n produk gebruik wat meer kos as die onbeperkte ADSL sal dadelik oorgeplaas word na die nuwe, goedkoper opsie.”

“Gebruikers wat van die beperkte opsie gebruik maak, waar die prys minder is as die onbeperkte produk, sal meer bandwydte ontvang. Waar hulle voorheen R199 vir een gig betaal het, sal hulle nou dieselfde prys vir twee gig betaal.

Die onbeperkte produk se prys sal op R219 begin. Ons wil mense nie forseer om meer te betaal nie, maar as hulle wil, kan hulle.

Hy het bygevoeg dat die dienste vanaf 1 April vir reeds bestaande kliënte beskikbaar sal wees. Nuwe kliënte kan vanaf 22 Maart hierdie onbeperkte opsie aanskaf.

“Hierdie gaan gebruikers se aanlyn-gedrag verander. Ons het dit reeds sien gebeur in ander dele van die wêreld. En ja, die produk is werklik onbeperk. Daar is gepaste gebruikersvoorwaardes in plek.

“Jy kan 100 gig se data gebruik as jy wil. Hierdie produk is werklik onbeperk.”

Jansen het gewaarsku dat MWEB se wins in die korttermyn ietwat sal verminder.

“Ons mededingers is welkom om ons voorbeeld te volg, of hulle kan steeds in die Middeleeue vassit as hulle wil. Dit is werklik hulle besluit. Ek hoop hierdie verander die mark vir ewig en ek hoop internetkostes sal nou afneem.”

– Nuus24

 
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: mweb  |  internet  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Julle sal Devon definitief ook daar sien dans. Saam met Legens natuurlik. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

FORD

Bantam 1.6i PU MY09
2009
R 72,950.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.