Inentings teen bek-en-klouseer binnekort klaar
2011-08-08 15:28
Kaapstad – Die inentings teen bek-en-klouseer wat tans in KwaZulu-Natal aan die gang is, behoort binne die volgende ses maande afgehandel te wees.
Volgens die departement van landbou, bosbou en visserye is daar nagenoeg 180 000 diere in die distrik uMkhanyakude in KwaZulu-Natal teen bek-en-klouseer ingeënt.
Daar word verwag dat sowat 300 000 diere teen dié siekte ingeënt sal word.
Volgens Steve Galane, verteenwoordiger van die departement, is hulle tevrede met die vordering wat sover gemaak is.
“Bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal is onder beheer,” het hy gesê.
Volgens Galane het die departement ’n les uit die jaar se uitbreking geleer en hulle hoop om ’n soortgelyke uitbreking in die toekoms te voorkom.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad