Indië se lugkwaliteit die swakste ter wêreld
2012-02-03 17:35
Moembaai – Indië het die swakste lugkwaliteit ter wêreld – selfs erger as dié van China, het 'n jaarlikse opname van die universiteite van Yale en Columbia in Amerika getoon.
Uit al die lande wat op die omgewingsindeks bestudeer word, is Indië die laagste op 132. Dié indeks monitor die impak van besoedelde lug op die gesondheid van mense.
Die studie het satellietdata gebruik om die konsentrasie van lugbesoedeling te meet.
Die vlak van partikulêre-besoedeling is een van die hoofoorsake van akute laer respiratoriese infeksies en selfs kanker.
Bangladesj se lugkwaliteit was die tweede swakste en Nepal, Pakistan en China het die top-vyf lande met die swakste lugkwaliteit afgesluit.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP