Indië nie te vinde vir Google se Street View
2011-06-22 13:33
Nieu-Delhi – Indië het Google se planne om die land se strate vir die Street View-program af te neem, in die wiele gery.
Sunil Kumar, ‘n senior polisielid, het gesê Google sal nie kan voortgaan met sy planne voor die soekreus nie bewyse van goedkeuring deur die regering het nie.
“Daar is verskeie sekerheidskwessies. Verskeie sensitiewe instansies werk vanuit Bangalore en die Google-foto’s is in die publieke oog.”
Die soekreus het tot dusver geen bewyse van goedkeuring te voorskyn gebring nie, al hou hy voor hy het die goedkeuring van die ministeries van binnelandse sake en verdediging, het Kumar gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.