Inbrekers gebruik Facebook, Twitter om jou huis te kies
2011-09-28 09:34
Londen – Die volgende keer wat jy vir ‘n uur of twee die huis verlaat, moet dit dalk liefs nie tweet of op Facebook verkondig nie, want inbrekers luister.
‘n Nuwe studie het bevind 78% van inbrekers gebruik sosiale media soos Twitter, Facebook en Foursquare om te kies waar hulle volgende gaan inbreek.
Dit is egter nie al manier waarop misdadigers die internet gebruik nie. Die Britse sekerheidsfirma Friedland het ook bevind 74% van die inbrekers gebruik Google Street View om huise te teiken.
Die enigste positiewe nuus uit die studie is die klein toetsgroep van 50 voormalige inbrekers – maar dit bly ‘n goeie keuse om miskine ‘n paar foto’s van wagter die waghond saam met jou ander opdaterings op Facebook te laai.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.