'Imperialiste' bestuur Twitter, sê Malema
2011-09-14 18:54
Johannesburg – Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het die publiek gevra om mense wat op Twitter of Facebook voorgee om hy te wees, te ignoreer.
“Twitter word bestuur deur imperialiste in Amerika. Ek het nie Twitter of Facebook nie,” het hy Woensdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
Hy het gereageer op ‘n vraag van ‘n BBC-verslaggewer oor opmerkings op ‘n Twitter-rekening onder die naam Julius_S_Malema.
Volgens die onlangse “twiets” onder dié naam verskyn rassisme steeds in Suid-Afrika. Die “twiets” het ook kommentaar gelewer op verwikkelinge in die liga, wat gelei het tot spekulasie dat Malema wél die skrywer is.
Floyd Shivambu, woordvoerder van die Jeugliga, het verlede jaar beloof om Twitter te laat sluit nadat verskeie mense op die netwerk voorgegee het om Malema te wees.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA