IT-bedryf sal ekonomie red
2009-10-05 10:18
San Francisco – Inligtingstegnologie (IT) sal sowat 5.8 miljoen nuwe werksgeleenthede binne die volgende vier jaar skep en 'n groot bydra tot ekonomiese groei maak, volgens die Data Korporasie (IDC) se navorsing.
Die IDC voorspel dat die IT-bedryf ‘n groot rol sal speel om ekonomieë uit neerslagtigheid te help deur meer as 75 000 nuwe besighede in die volgende vier jaar te skep.
Microsoft het die IDC se navorsing, wat die impak van IT-ontwikkeling op 52 lande bestudeer het, geborg.
Volgens dié verslag sal die groei in werksgeleenthede in die IT-bedryf drie keer meer wees as in ander afdelings.
"Lande wat waarde heg aan die vernuwing van infrastruktuur, opleiding van burgerlikes en ontwikkeling van hul vaardighede sal ‘n reuse voordeel in die internasionale mark hê,” het Steve Ballmer van Microsoft gesê.
Volgens Ballmer sal innoverende tegnologie ‘n groot rol speel om produktiwiteit aan te help en ook om nuwe besighede te skep wat gepaardgaan met werksgeleenthede en so ook ekonomiese groei.
- Sapa