IE9 nou op internet aflaaibaar
2011-03-15 12:34
Austin – Microsoft het bekendgemaak dat hy vroeg Dinsdag die nuutste weergawe van die Internet Explorer-sagteware gratis aanlyn sal beskikbaar stel.
“Dinge gaan verander,” het Dean Hachamovitch, vise-president van Microsoft, by ‘n perskonferensie in Texas gesê.
“Ons het ‘n dramatiese ander roete gekies,” het hy gesê.
Internet Explorer 9 (IE9) sal in 30 tale by beautyoftheweb.com afgelaai kan word.
“Dit is ‘n baie goeie dag vir die internet,” het Hachamovitch gesê.
IE9 is gebou om die meeste te maak van Microsoft se bedryfstelsel, Windows 7, sowel as grafiese prosessering-skyfies wat video’s, speletjies, grafika en ander ongelooflike visuele komponente kan dra.
Meer as 40 miljoen kopieë van IE9 is al afgelaai as deel van die proses wat na die amptelike bekendstelling lei, het Microsoft gesê.
Volg Nuus24 op Twitter