Hooggeregshof beslis in gunste van entstofvervaardigers

2011-02-23 19:09
Tweets Share Share line Print

Die Amerikaanse Hooggeregshof het beslis dat federale wet entstofprodusente beskerm van regsgedinge oor produk-aanspreeklikheid in verband met ’n kind wat dood of beseer is as gevolg van ’n entstof se newe-effekte.

Die hoë hof het Dinsdag in gunste van Wyeth, wat nou deur Pfizer Inc. besit word, beslis. Die regsgeding is deur die ouers van Hannah Bruesewitz gebring. Sy het as baba onder aanvalle gely na haar derde dosis van ’n witseerkeel-tetanus-pertussis (DTP) entstof in 1992.

Pfizer en ander entstofprodusente het aangevoer ’n hoogeregshofbeslissing ten gunste van die eisers sal na ’n vloed regsgedinge kon lei – baie deur families wat glo entstowwe outisme veroorsaak – en die beskikbaarheid van kinderentstowwe dreig. 

Pfizer se uitvoerende vise-president, Amy Schulman, het gesê die maatskappy is met die beslissing tevrede.

“Die Entstof Wet wat die Kongres wat byna 25 jaar gelede van toepassing gemaak is het, gepaslik, die verantwoordelikheid vir die bepaal van die optimale ontwerp vir lewensreddende kinderentstowwe in die hande van kundige federale agentskappe geplaas, en nie ’n lappieskombers van staat tort-stelsels nie,” het sy gesê.

Die federale program, wat die sogenaamde entstofhof insluit, het sedert 1989 meer as $1.8-miljard (R12.7-miljard) vir entstof-eise in amper 2 500 sake uitgereik. Dit word deur ’n belasting op entstowwe befonds.

In die Hannah Bruesewitz-saak van Pennsylvania het haar ouers, Russell en Robalee Bruesewitz, aangevoer haar aanvalle en ernstige ontwikkelingsagterstand het uit gifstowwe in die entstof se ontwerp gespruit. Hulle het gesê ’n veiliger alternatief was beskikbaar, maar dat dit nie gebruik was nie. Die DTP-entstof is in 1998 van die mark verwyder.

Wyeth het ontken die entstof het haar beserings veroorsaak.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Harry sê... Baie goeie nuus vir SA!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2012
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 250,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.